MONKEYGLANDSOUS VIR BIEFSTUK

1 kg tamaties                                              
312,5 ml (250g) bruinsuiker

250 ml druiwe-asyn                                   
250 g gebleikte sultanas
15 ml mosterdpoeier                                
15 ml fyn gemmer
15 ml sout                                                     
2 uie, gekap
1 ml rooipeper
Dompel tamaties in kookwater en trek skille af.  Kap fyn op. Vermeng al die bestanddele en verhit tot kookpunt.  Laat prut totdat dit die regte dikte het.  Roer af en toe om aanbrand te voorkom.  Versap om ‘n mooi egalige tekstuur te verkry.  Bottel dit terwyl dit warm is.  Warm op voor bediening.
(Hierdie is eintlik ‘n tamatieblatjangresep, maar nader aan daardie egte monkeyglandsmaak kan ‘n mens nie kry nie.  Die voordeel is dat ‘n mens die sous weke vooraf kan maak en bottel.)
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 115 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *