Rys- en aarbeipoeding

Baie Dankie vir jou resep Jan
375 ml Wit rys
500 ml Water
5 ml Sout
500 ml Room
200 g Wit sjokolade, fyn gekap
1 Vanilla peul
3 Eiergele
250 ml Strooisuiker
500 g Vars aarbeie
Metode:
Bring die water tot kookpunt. Voeg die rys en sout by en prut vir 20 minute en dreineer. Verhit die room in ‘n kastrol oor medium hitte. Roer die sjokolade en vanilla peul by, Laat afkoel. Klits die eiergele en suier goed saam, roer die louwarm room bietjie vie bietjie by en hou aan met klits. Gooi terug in die pot en laat stadig prut tot dit dik en romerig is. Roer die rys en die helfte van die aarbeie by en bedien met die ander aarbeie bo-op. Lewer 4 porsies.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 100 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *