Savoury Rys

Baie dankie vir jou resep Jan
1 Koppie wit rys
1 Koppie hoenderaftreksel
2 Koppies water
5 ml Sout
3 ml Varsgemaalde swartpeper
½ koppie bevrore ertjies
3 Stingeluie in klein ringetjies gesny
Metode:
Plaas die rys, aftreksel, water, sout en peper in ‘n kastrol en plaas die deksel skuins op. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en prut vir 15 minute of tot al die vleistof weggekook het. Haal van die hitte af en roer die ertjies en stingelui by. Plaas deksel op en sit die pot op die warm plaat. Die stoof moet afgeskakel wees. Laat staan vir 10 minute en maak die rys liggies los voor opdiening. Lewer 4 tot 6 porsies.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 615 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *