SKERP AVOKADODOOPSOUS

Bestanddele
2 avokado’s, fyngedruk
suurlemoensap na smaak
15 ml fyngerasperde ui
1 knoffelhuisie, fyngekap
1 ml rissiepoeier
sout en peper na smaak
80 ml mayonnaise
6 spekvleisrepies, bros gebraai en gekrummel
Metode
Besprinkel die avokado met die suurlemoensap.  Meng avo’s, ui, knoffel en geurmiddels goed.  Voeg mayonnaise en die meeste van die spekvleis by.  Garneer die doopsous met die res van die spekvleis.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 122 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *