Soet – Suur Hoender

Dankie vir jou resep Jan
15 ml Sonneblomolie
1 Gekerfde ui
5 ml Gemaalde gemmer
500 g Hoenderborsies in blokkies gesny
1 Rooi soetrissies in blokkies gesny
250 g Gedreineerde pynappelstukkies
30 ml Bruinsuiker
80 ml Asyn30 ml BBQ
Sous30 ml Tamatiesous1
00 ml Pynappelsap
60 ml Water
10 ml Knoffel sout 

Metode:Verhit die olie in ‘n pan en braai die ui en gemmer tot sag. Voeg die hoender by en soteer 5 minute. Voeg die soetrissie en pynappel by en braai 3 minute. Voeg die bruinsuiker , asyn, bbq sous, tamatiesous, pynappelsap, water en knoffel by en roer goed. Prut vir 15 minute en sous lekker dikkerig is. Lewer 4 porsies

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,302 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *