TANNIE IVY SE APPELTERT

Bestanddele
1 k suiker
3 e botter
4 eiers
1,75 k bruismeel
halwe k melk
1 groot blik tertappels

Metode
Room botter en suiker.  Voeg eiers een vir een by.  Voeg bruismeel en ‘n halwe t sout by, om die beurt met die melk.  Klop goed en gooi uit in gesmeerde tertborde.  Plaas tertappels bo‑op.  Bak by 180ºC vir 40 minute.

Gooi die volgende stroop oor:
1 k suiker
1 klein blikkie Ideal melk
Meng goed en kook saam vir 10 minute.  Gooi warm stroop oor warm tert.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 505 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *