VARKKASSEROL VIR ‘N HAASTIGE KOK

4 ‑ 6 groot varktjops                                 
sout en peper na smaak

2 groot uie, in skywe gesny                   
125 ml tamatiesout
125 ml water                                                
50 ml asyn
25 ml Worcestersous                                
25 ml heuning
5 ml kerriepoeier
Sny die vel en vet van die tjops af en geur dit met sout en peper.  Plaas tjops in ‘n oondvaste kasserol met ‘n deksel. Rangskik uie bo‑op.  Meng tamatiesous, water, asyn, Worcestersous, heuning en kerriepoeier en giet dit oor die vleis en uie.  Sit die deksel op en bak vir ongeveer 90 min. by 180ºC.  Haal die deksel af en bak die tjops ‘n verdere 15 minute.  Lewer 4 ‑ 6 porsies.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 162 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *