Kors:
1 pakkie tennisbeskuitjies, fyn
1 ml kaneel
125 g sagte margarien
25 ml kookwater
Meng krummels en kaneel. Frummel smeer daarin. Sprinkel kookwater oor en meng goed. Bespuit oondvaste bak met kleefwerende sproei.
Vulsel:
1 blik kondensmelk
3 eiers, geskei
50 ml suurlemoensap
50 ml maizena
Klits kondensmelk en eiergele goed saam. Klits suurlemoensap en maizena by. Klits witte styf, maar nie droog nie. Vou dit liggies by die kondensmelkmengsel in. Giet die vulsel in kors en bak 30 min by 160ºC. Haal uit en laat afkoel. Verkoel tot yskoud in yskas.
Lewer 1 groot of 2 middelslag terte.
(Visited 453 times, 1 visits today)
Advertisements
Ek en my familie maak hierdie “kamma-kaaskoek” al vir seker 20 jaar. Niemand ken hierdie resep nie en almal is ongelooflik beindruk met hoe lekker dit smaak en hoe vinnig en maklik dit is om te maak. En natuurlik wil alma die resep he. Dit is ‘n wenner as jy iets besonders en lekker wil maak en met die min bestanddele en veral as jy inderhaas iets lekker wil voorsit. Self kaaskoekliefhebbers kan nie hiermee fout vind nie. Ek het ook al ‘n houer geroomde maaskaas en ook n houer roomkaas bygevoeg en dit kom net so lekker uit. Maar selfs daarsonder is die oorspronklike resep ‘n absolute wenner. Word gereeld by ons gemaak.
Baie dankie vir joy bydrae. En ons sal jou weergawe ook probeer
Bly julle het laat weet.