Rys met Salm en Advokadopeer

Dankie vir jou resep Jan
8 Eetlepels gaar spekko Americano-rys
100 g Gerookte salm in skywe gesny
150 g Advokadopeer, stukke gesny
30 m,l Dille
2 Eetlepels ongegeurde jogurt
40 ml Suurlemoensap
10 ml Olyfolie
3 ml Sout
5 ml Swartpeper
Metode:
Meng die jogurt met ‘n halwe teelepel dille en 10 ml van die suurlemoensap. Meng dit deur die rys. Skep in twee vormpies van 8 cm in deursnee en druk dit daarin vas. Sit die gerookte salm bo-op die rys in elke vormpie neer en druk dit vas. Geur die advokadopeer en voeg 5 ml suurlemoensap by. Sit die advokadopeer bo-op die salm en maak gelyk. Lig die vormpies af. Sprinkel die slaaisous oor. Lewer 2 porsies.
Slaaisous:
Klits die olyfolie saam met die oorblywende suurlemoensap, voeg die res van die dille by en geur met sout en peper. Meng goed.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 136 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *