Soet plaatkoekies & spek

Baie dankie vir jou resep Okkie. 
Hierdie resep moes al gister geplaas word, maar weens omstandighede kan ek dit nie gister plaas nie, want hierdie is ‘n lekker bederf resep vir Valentynsdag.

Bestanddele
250 ml meel                       
200 ml warm water
30 ml suiker                        
15 ml gesmelte botter
1 groot eier                          
5 ml goue stroop
5 ml kremetart                                
2,5 ml koeksoda
Handvol geroosterde gekapte pekanneute
12 repies swoerdlose ontbytspek (rindless streaky bacon)
Metode
Meng botter, water, eier, suiker en stroop saam. Sif droë bestandele by en vorm ‘n gladde deeg {bietjie eksta water indien te dik}. Bak lepelsvol in ‘n lae tot medium hitte gemeerde pan. Draai sodra borrels aan bokant bars. Rooster spek tot bros. Stapel plaatkoekies, spek en pekanneute. Bedien warm met goue stroop.
As variasie kan jy gegeure esdoring [maple] stroop maak in plaas van goue stroop
Meng halfkoppie esdoring stroop, knypie neutmuskaat, 2 repies suurlemoenskil in klein kastrolletjie en verhit vir paar minute {NIE KOOK NIE} verwyder van plaat en roer 30 ml botter by (maak ongeveer halwe koppie)
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 469 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *