Soetsuur Bruinrys en Vis Roerbraai

Dankie vir jou resep Jan
1 ½  Koppie rou bruinrys
15 ml Sagte Margerien
15 ml Olyfolie
600g Ferm witvis in mote gesny en met meel bedek.
1 Middelmatige ui, gekap
1 Rooi soetrissie, ontpit en gekap
1 Groen soetrissie, ontpit en gekap
15 ml Mielieblom
60 ml Vis aftreksel
1 Blik 410 g Pynappelstukke, behou die sap
125 ml Pynappelsap
15 ml Witasyn
10 ml Suiker
Metode:
Kook die rys volgens instruksies op die pak en hou eenkant. Verhit die olie en margerien in ‘n pan en braai die die visblokkies tot amper gaar. Skep uit en dreineer op kombuis-papier. Braai die ui en soetrissie tot net sag in die pan. Meng die mieleblom met die aftreksel, voeg by die ui en rissie in die pan en roer tot die sous verdik. Voeg die pynappelstukke, sous, asyn en suiker by en prut vir 5 minute.. Voeg die visblokkies en rys by en roer deur. Verhit tot deurwarm. Lewer 4 tot 6 porsies.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 211 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *