4 dik snye brood, gekrummel
375 ml melk
5 ml mosterdpoeier
15 ml pietersielie, gekap OF
5 ml gedroogde pietersielie
3 ml sout
varsgemaalde swartpeper na smaak
3 eiers, geklits
625 ml gerasperde Cheddarkaas
185 g tuna met uie, gedreineer en gevlok (1 blik)
Week broodkrummels in melk. Voeg die res van die bestanddele by en meng dit deeglik. Skep lepelsvol van die mengsel in ‘n gesmeerde kolwyntjiepan en bak dit ongeveer 15 – 20 min by 180ºC of totdat die mengsel gestol het.
(Visited 718 times, 1 visits today)
Advertisements