1000 ste maal poeding

Baie dankie cir jou resep Malinda 
Baie lekker – het dit gemaak
ons het die een vannaand seker vir die 1000 ste maal geniet., bly keer op keer ons gunstling, dit bly ‘n lekkerte op sy eie…

3 x koppies langlewe vla
2 x pak mariekoekies
½ koppie fyn aarbeikonfyt
½ koppie Treat-karamel kondensmelk
*2 flakes vir versiering
*1 houertjie room
*gesnipperde kersies

maak die vla in ‘n pot lekker warm – amper kookpunt. maak koekie-toebroodjie, plak aan mekaar vas met een koekie konfyt en een koekie karamel. rangskik onder in plat diep bak. giet warm vla oor die laag koekies. pak nog ’n laag toebroodjie-koekies en gooi al die warm vla wat oorgebly het oor. maak toe met clingwrap, sodat tert nie yskas geure absorbeer nie. bere in yskas vir minstens 3 ure. klop room lekker styf versier bo oor poeding, sprinkel met gesnipperde kersies en krummel flakesjokolade krummels oor wanner jy opgeskep het

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 483 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *