2 k koekmeelblom
2 ml sout
200 g botter
115 ml yswater
15 ml suurlemoensap
Sif meel en sout saam. Sny botter in klein stukkies en vryf dit met die vingerpunte by die koekmeelblommengsel in. Meng die yswater en die suurlemoensap en sprinkel dit oor die koekmeelmengsel. Knie ‘n paar sekondes lank, plaas in ‘n plastieksakkie en verkoel dit ‘n uur lank.
Rol die deeg uit en voer klein tertpannetjies uit met die deeg. Die doppies word 12 minute lank blind gebak in ‘n voorverhitte oond by 200 – 230ºC.
(Visited 751 times, 1 visits today)
Advertisements