Cappucino-tert

Dankie dat jy Hermien se resep met ons gedeel het Malinda

Hermien Jordaan van Kroonstad in die Vrystaat se heerlike resep
Baie lekker, ek het dit gemaak

LEWER 1 TERT VAN 24 CM
Bereiding: 25 minute
Verkoeltyd: oornag

2 pakke (200 g elk) Tennisbeskuitjies
500 ml (2 k) vars room, verkoel
1 blik (360 g) karamelkondensmelk
25 ml (5 t) sterk swart koffie
1 groot (100 g) Aero-sjokolade
4 groot (100 g elk) grondboon-
broslekkers (peanut brittle)
125 ml (½ k) gemengde neute, grof gekap

Plaas ’n laag Tennisbeskuitjies op die boom van ’n tertbak van 24 cm.
Klits die room tot styf. Voeg die karamelkondensmelk en koffie by en klits liggies tot glad.
Druk die sjokolade en broslekkers met ’n rolstok fyn.
Skep ’n laag van die karamelmengsel oor die Tennisbeskuitjies in die bak en sprinkel ’n laag sjokolade en broslekkers oor. Hou ’n paar beskuitjies eenkant en herhaal tot die koekies en vulselbestanddele op is.
Druk die orige beskuitjies fyn en sprinkel dit saam met die neute oor die tert. Plaas oornag in die yskas om te stol.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 213 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *