Dine van Zyl se Skud-skud Sout

Dankie dat jy die resep ingestuur het Okkie

125 ml (½ k) fynsout                                      

30 ml (2 E) fyngemaalde koljander30 ml (2 E) grofgemaalde koljander               
15 ml (1 E) fyn wit- of swartpeper2,5 ml (½ t) gemmer                                     1
0 ml (2 t) fyn kruinaeltjiesSit al die speserye in ʼn flessie en skud om te meng. Gooi mildelik oor enige rou vleis en skud elke keer voor gebruik. Geen ander sout is nodig nie. Bêre in ʼn donker plek.

Nota’s:Skud-skud kan oor skaaptjops, braairibbetjie, steak, springbokrugstring, hoenderbraai gestrooi word.  Enige vleis. Jy kan bietjie olyfolie, Worcestersous, blatjang of wat ook al byvoeg en ʼn marinade maak.
Skud-skud word met die hand gevryf oor heel snitte soos springbokboud, skaapbladjie, ribbetjie in die oond.Strooi dit oor hoenderporsies vir die oond.Skud-skud kan as geurmiddel by frikkadelle gebruik word.Skud-skud is ideaal vir potjiekos.Wenke:Hierdie is ʼn basiese resep. Meng dit na jou smaak. Ek gebruik organiese sout waarby daar nie allerhande goeters gevoeg is nie.Vir varkvleis kan tot ʼn eetlepel gemmerpoeier bygevoeg word.Vir wildsvleis kan nog ‘n teelepel kruinaeltjies bygevoeg word.Die koljander moet fyn wees om goed in die vleis te trek – en grof wees om bo-op die vleis te lê. Daarom word fyn en grof gebruik.Jy kan die peper ook fyn en grof maak om dieselfde rede.Kruie kan ook bygevoeg word, soos 2 t droë tiemie of fyngekapte droë roosmaryn; fyngekapte droë lourierblare. 

(Visited 600 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui