Droomtert

Baie dankie vir jou resep Malinda


1 blikkie Kondensmelk
125 ml Suurlemoensap
100g pakkie glanskersies opgesny
1 pak Malvalekkers opgesny
250g gladde maaskaas
blikkie fyn pynappel crush
250ml room
1 pakkie tennisbekuitjies
x-tra room

1. Meng die kondensmelk en die suurlemoensap.
2. Voeg die glanskersies(hou ‘n paar eenkant vir versiering), malvalekkers, maaskaas en pynappel by.
3. Klits die room styf en vou by die mengsel in.
4. Pak die beskuitjies in ‘n glasbak en giet die mengsel bo-oor.
5. Versier met die orige glanskersies en ekstra geklitste room, indien verkies.
6. Verkoel ‘n paar uur voor gebruik

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 348 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *