HOUWHOEK SE MAASKAASTERT

(Groot tert)
Kors:  
3 pakkies Tennis, Marie, Digestive, of gemmerkoekies
50 ml botter/margarien, gesmelt
7,5 ml fyn kaneel

Rol koekies fyn, voeg kaneel en gesmelte botter by en meng goed.
Skep in tertbakke en druk vas met rugkant van lepel.

Vulsel:
60 ml gelatien                                                           
125 ml warm water
5 blikke x 397g kondensmelk                             
500 ml suurlemoensap
2 kg gladde maaskaas                                           
1 liter vars room
Los gelatien in warm water op en laat afkoel.  (Gelatien moet afkoel voor dit by melk- of roommengsel gevoeg word, anders skif dit.)

Klits kondensmelk en suurlemoensap en voeg die maaskaas by.  Meng goed.  Klits room styf in afsonderlike bak en vou dit in die maaskaasmengsel.  Meng goed en giet dit in die tertkors. Versier tert met styfgeklitste room en groenvyeskyfies.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 267 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *