Dankie vir jou resep Okkie
Bestanddele
1.5 kg Bruismeel
500 ml Suiker
500 ml Karringmelk
10 ml Sout
500 g Botter
3 Eiers Geklits
Metode
Meng die droë bestanddele en voeg die suiker by. Smelt margarine en voeg karringmelk by. Voeg die eiers by en klits tot goed gemeng. Voeg die droë bestanddele en meng tot sagte deeg. Maak balletjies, sit in panne en bak vir n uur lank in n matige oond (180).
Wenk
Die beskuit kan ‘n rukkie op die tafel gelos word sodat dit effens kan rys voordat dit gebak word, dan is dit eers lekker.
(Visited 1,682 times, 1 visits today)
Advertisements