Karringmelk Beskuit 3

Dankie vir jou resep Okkie

Bestanddele
300 g botter
250 ml olie
500 ml witsuiker
2 ekstra-groot eiers
500 ml karringmelk
250 ml volgraanmeel (“Nutty Wheat”)
750 ml All Bran-ontbytvlokkies
2 x 500 g pakkies bruismee
l5 ml sout

Metode
Voorverhit die oond tot 180 grade C en smeer 2 broodpanne of ‘n oondpan van 360 mm x 270 mm. Voer uit. Smelt die botter, olie en suiker in ‘n groot kastrol en klop goed. Voeg die eiers een vir een by en klop goed ná elke byvoeging. Klop die karringmelk in. Voeg nou al die droë bestanddele by en meng goed. Gooi in die voorbereide panne en bak vir 1 uur. Laat effens afkoel, keer uit en sny in vingers. Droog uit teen 100 grade C vir ongeveer 4-6 uur. Bêre in ‘n lugdigte houer of koekblik.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,835 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *