2 uie, gekap
125 ml droë klapper, 1 uur lank geweek In 250 ml melk
15 ml sonneblomolie
5 ml gemaalde gemmer
5 ml skerp brandrissiesous
5 ml kerriepoeier
knypie suiker
5 ml borrie
6 porsies stokvis (ongeveer 750g)
5 ml sout
10 ml koekmeel
Braai ui tot sag in olie en roer speserye en meel by. Voeg klappermelk stadig by (hou klapper eenkant) en roer oor lae hitte totdat sous glad is. Roer brandrissiesous en suiker by. Toets smaak.
Plaas vis in ‘n gesmeerde oondskottel en giet sous oor. Skep klapper wat eenkant gehou is oor en bak 25-30 minute lank by 200°C. Sit dadelik voor saam met rys, blatjang en sambals. Lewer 6 porsies.
(Visited 110 times, 1 visits today)
Advertisements