Baie dankie dat jy jou resep met ons gedeel het Okkie
Uiteindelik !! stukkies en brokkies van 4 resepte wat ek saamgesit het HIERDIE EEN WERK
750 ml koekmeel
3 ml sout
30 ml kookolie
± 220 ml yswater
125 g sagte botter
Sif die meel en sout saam. Klits die olie en water saam.
Voeg bietjie op n slag by die droë bestanddele en knie tot ‘n sagte deeg Keer uit op meel bestrooide oppervlak en rol die deeg in reghoekige vorm uit tot ongeveer 5 mm dik
Smeer die sagte botter oor en rol op soos jamroll om worsie te vorm. Laat kwartier rus
Deel in 10 dele en rol uit in sirkelvorms van 20 Cm
Verhit pan en bak in olie tot goudbruin, Vul met maalveis of fyn hoender en bedien dadelik
(Visited 21,374 times, 1 visits today)
Advertisements
Klink lekker en maklik
Net wat ek gesoek het