SAMPIOEN POFFERS

250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
knippie sout                                                 
1 eier, geklits
75 ml melk                                                    
15 ml botter, gesmelt
500 g knopiesampioene, stingels gelyk afgesny
olie vir diepvetbraai
Sif meel, bakpoeier en sout saam.  Voeg eier, melk en botter by en meng tot gladde beslag.  Voeg nog ‘n bietjie melk by as dit te styf is.  Vee die sampioene skoon af met kombuispapier.  Doop die sampioene in die beslag sodat dit heeltemal bedek is.  Braai dit in warm olie totdat die poffertjies liggies uitgepof en goudbruin is.  Dreineer op kombuispapier.  Plaas poffertjies op opdienbord rondom ‘n bakkie met tartaresous – verskaf vurkies of peuselstokkies sodat sampioene daarmee in die sous gedoop kan word.
Nota:  ‘n Langsteelvurk of kombuistangetjie kan gebruik word om die sampioene in die beslag te doop.

Oesters, garnale en ander groente as sampioene kan op dieselfde manier bewerk word.  Vir vrugtepoffertjies kan 30 ml suiker by beslag gevoeg word

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 148 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *