Spesery Wortelslaai

Baie dankie vir jou resep Jan
7 Medium wortels grof gerasper
5 ml Varsgemaalde knoffel
1 Medium ui fyn gekerf
30 ml Gemaalde koljander
60 ml Olyfolie
45 ml Wit asyn
5 ml Sout
3 ml Varsgemaalde swartpeper
5 ml Cayennepeper
15 ml Heuning
Metode:
Soteer die ui oor lae hitte tot sag in ‘n eetlepel olie. Verwyder van stoof en hou eenkant. Meng al die bestanddele in mengbak goed deur. Skep in slaaibak met deksel en verkoel vir 5 ure in die yskas voor gebruik. Lewer 6 porsies.

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 181 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *