STOWEVLEIS

1,5 kg wildsvleis
100 g spek
water om te bedek                                   
8 kruienaeltjies
12 wonderpeperkorrels                          
4 lourierblare
2 knoffelhuisies                                          
1 t growwe sout
bietjie vars peper                                      
125 ml soet rooi wyn ops.
125 ml druiweasyn                                    
sap van 1 suurlemoen
Sny vleis in stukke en die spek in blokkies en sit dit in ‘n swaarboomkastrol.  ‘n Plaatboomysterkastrol is eintlik baie geskik hiervoor.  Bedek nou die vleis met water en voeg die kruienaeltjies, wonderpeperkorrels en lourierblare by en stowe baie stadig so ongeveer drie uur lank.
Nou word die knoffelhuisies, sout, peper, soet rooi wyn en asyn bygevoeg.  Prut nog ‘n uur of so.  Die vleis behoort nou darem al lekker sag te wees.  Voeg bietjie suurlemoensap by, laat vinnig deurkook en proe.  Voeg nog bietjie wyn of suurlemoensap by as dit nodig is.  Lig bene uit kastrol en laat vleis ‘n rukkie teen vinnige hitte kook as daar te veel sous in is.  Nou kan die stowevleis net so opgedis word, of mens kan heerlike pasteideeg daaroor sit en ‘n lekker groot pastei maak. 
Deeg:
375ml bruismeel                                         125 ml gesmelte botter
2 eiergele                                                      halwe t sout
62 ml melk                                                    2 eierwitte
Meng meel, gesmelte botter, eiergele, sout en melk.  Klits witte styf en vou in die deeg.  Sprei deeg oor fyn vleis wat reeds gaar is en bak tot ligbruin.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 436 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *