Aartappel en kaasbrood

Dankie vir jou resep Jan
1 Pakkie kaas en spek “potatobake”
300 ml Gerasperde kaas
75 ml Melk
300 g Aartappels geskil en gerasper
450 ml Bruismeel
1 Groot eier
Metode:
Meng die meel en potatobake in mengbak

Voeg die aartappel en kaas by en roer deur met ‘n vurk. Klits die eier en voeg melk by en voeg by die meelmengsel. Meng goed tot sagte deeg. Sit op meelbestrooide oppervlak en knie liggies deur. Sit in broodpan en bak in voorafverhitte oond by 160°C vir 45 minute.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 162 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *