Lekker Braaisous

Baie dankie vir jou resep Jan
Lewer 60 porsies
14 Groot uie, fyn gekap
100 g Botter
45 ml Sonneblomolie
250 ml Witasyn
150 ml Bruinsuiker
2 Liter tamatiesous
75 g Aangemaakte Engelse mosterd
2 Opgehoopte eetlepels kerrie
25 ml Sout
Metode:
Smelt die botter en olie saam in ‘n no.8B platboompot. Voeg die uie by en soteer tot sag. Meng al die ander bestanddele saam in ‘n mengbak en voeg by die gebraaide uie. Prut vir 10 minute oor matige kole. Lewer 60 porsies. Maak die resep 2 keer vir diè ontbyt of gebruik ‘n no. 7 driebeenpot en verdubbel al die bestanddele vir 120 porsies.
NB. Die sous is lekker op Boerewors Rolle ook.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 325 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *