Vleisvulsel vir worsrolle:

(Knuppeldik)
Kook saam:
1 k maalvleis, ½ t sout, ¼ k blatjang
Sodra vleis deurgekook is, voeg by ½ t Aromat, ¼ t naeltjies, ½ t mosterd, ½ pakkie Knorr Meat Ball Maker, ¼ k hawermout en een sny geweekte bruinbrood (waarvan al die water uitgedruk is.)

 

Meng vleis goed en laat prut vir een min.  Druk in glasbakke en laat stol in yskas.  Sny in stroke en plaas op uitgerolde deeg.  Vou toe en rol om.  Sny in verlangde groottes .  Smeer met geklitste eiers.  Bak op 180°C tot mooi bruin.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 211 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *