Adriana se suurlemoen- blatjang:

So 6 groot of 10 klein growweskil-suurlemoene
een koffiebeker bruin suiker
een koffiebeker asyn
uie en /of knoffel
pitlose rosyne/sultanas
droe appelkosies of perskes
n dosyn klein brandrissies
speserye soos kardamon en vinkelsaad en kaneel en gemmer en n naeltjie of wat
paar gedopte amandels en/of okkerneute/pekanneute
Sny die suurlemoene met skil en al in stukke, haal die pitte uit!
kook die rissies[heel] en die speserye en neute en die gesnyde uie in die
asyn[werk ook in die mikrogolf]
stowe die suurlemoenstukke en suiker saam[mikrogolf 5min]
nou alles saam op stadige hitte in n glasbak[mgolf] of staalpot tot dit lekker gaar is
proe as dit koud is en haal die brandrissies uit[dit word al hoe sterker later!]
nog suiker of asyn na smaak, dan weer tot kookpunt en in warm[nb] flessies met goeie deksels gebottel. die kleur word later al hoe donkerder maar dit word al hoe lekkerder!
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,591 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *