Biltong pasta en kaas

Nog ‘n wenresep van Okkie

Bestanddele
1 (500 gram) pak [macaroni of pene]
2 koppies gekerfde biltong
½ koppie gerasperde cheddar kaas
1 soetrissie in blokkies gesny
2 medium uie fyngekap
½ teelepel gemengde speserye

Witsous
¾  koppie koekmeel
1.5 l warm melk
5 eetlepels botter {NIE MARGERIEN}
Knippie sout
1 ml droë mosterd of 5 ml aangemaakte mosterd
1 koppie gerasperde cheddar
Parmesan kaaspoeier na smaak

METODE
Oond op 180 celcius
Kook pasta in kokende water met sout en biejie sonneblom olie tot net gaar en dreineer.
Verhit olie en sorter uie en kruie tot uie sag is.Voeg soetrissie en biltong by en sorter nog 2 minute
Metode witsous
Roer botter, meel en melk saam oor matige hitte tot geen klonte. Geur met sout en peper en kook tot witsous dik is. Roer die mosterd en helfte kaas by.
Meng macaroni, en biltong/uie mengsel deur, Skep helfte in gesmeer oonbak van 18 x26 cm skep helfte van witsous oor. Volg met laaste helfte en gooi witsous oor. Sprinkel kaas en en parmesan poeier oor ek bak ongeveer 20 minute tot kaas goudbruin is.

Sluit yskas as jy bere dit verdamp oornag!!

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 280 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *