Gebakte vrugte poeding

Baie dankie vir jou resep Okkie

Poeding
425g (1 blik) Aarbeie in stroop gedreineer
3 koppies karringmelk
1 koppie strooisuiker
1 koppie koekmeel
4 eetlepels melk
3 eetlepels botter gesmelt
3 eiers
1 teelepel bakpoeier
1 knippie sout

Sous
410g (1 blik) ‘fruit of the forest’
3 eetlepels suiker
2 teelepels brandewyn of kersielikeur
2 teelepels vlapoeier of mezina

Metode
Stel oond op 180 Celsius

Poeding
Klits strooisuiker en eiers tot lig. Roer gesifte bakpoeier, sout en koekmeel by. Meng melk en karringmelk en roer by. Verdeel gedreieerde aarbeie so gelyk moontlik in ses (8 as klein) gemeerde ramekinbakkies. Pak bakkies in oonpan halpad vol water. Bak ongeveer 50 minute of tot net gestol in die middle. {as jy een groot bak gebruik bak so ses tot 10 minute langer}

Sous terwyl poeding bak
Gooi al die bestanddele in kastrol en verhit oor medium hitte tot dit begin verdik. Roer af en toe.

Haal poeding uit water en sit voor met louwarm sous

Ns Die dreineerde aarbeisous is heerlik oor Franse roosterbrood met bros spek en ‘n paar skilletjies verouderde cheddar kaas

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 892 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *