KITS KAASGEREG

10ml olie                                                                        
1 middelslag ui, gekap1 groen soetrissie, ontpit en gekap                                 
6 snye volkoringbrood2 eiers                                                                           
500ml afgeroomde melk3 ml sout                                                                       
5ml paprikaknippie rooipeper                                                           
250ml gerasperde kaas25ml vars, fyngekapte pietersielie Verhit die olie en soteer die ui en soetrissie totdat die ui sag en deurskynend is. Klits 1 eier en 250ml van die melk saam. Halveer die snye brood en week die brood in die eiermengsel. Plaas ‘n laag van die geweekte brood op die boom van ‘n gesmeerde oondskottel en geur dit met van die sout, paprika en rooipeper. Skep van die uiemengsel bo-op en strooi van die kaas bo-oor. Herhaal die lae totdat al die brood opgebruik is. Klits die ander eier saam met die res van die melk en giet dit dan oor die brood. Strooi die orige kaas en die pietersielie oor en bak 20-25 minute lank by 190C totdat die gereg gestol het. Lewer 4-6 porsies.  

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 120 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *