PEERTERT

25 g (30 ml) botter/margarien                         
1  koppie meelblom

1  koppie witsuiker                                                 
1 t bakpoeier
2  eiers                                                                        
1 x 410g blik peerhelftes, gedreineer
50 ml melk
Stroop:
250 ml room                                                              
250 ml suiker
Verhit oond tot 190ºC.  Smeer ‘n tertbord met ‘n volume van 1 liter.
Meng botter en suiker goed.  Voeg eiers, melk, koekmeel en bakpoeier by en roer tot goed gemeng.  Gooi beslag in die tertbord.  Rangskik die peerhelftes bo‑op. (Dit kan kleiner gesny word).
Bak die tert sowat 20 minute tot goudbruin en gaar.  Maak intussen die stroop.
Verhit die room en suiker en roer aanhoudend. Haal van stoof af wanneer dit kook.  Skep die warm stroop bietjiesgewys oor die warm tert net na dit uit die oond kom. 
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,050 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *