PLAAS OMELET

50g rou macaroni (100 ml)                                               
4 swoerdlose spekvleisringe1 ui, gekap                                                                     
2 tamaties, geskil en gekap50ml gaar ertjies                                                             
4 eiers2ml sout                                                                        
peper na smaak1ml mosterdpoeier Kook die macaroni volgens die aanwysings op die pakkie en dreineer dit. Braai die spekvleis tot bros en skep dit uit. Soteer die ui in die uitgebraaide spekvet tot sag en deurskynend. Voeg die macaroni,  tamaties en ertjies by en meng dit goed. Klits die eiers, sout,  peper en mosterdpoeier saam en gooi dit oor die mengsel. Verhit dit  tot dit gestol het, terwyl die gaar eier voortdurend met ‘n eierspaan van die kante weggetrek word, sodat die rou eiermengsel onder kaninvloei.  Rangskik die spekvleis boop.  Plaas ‘n deksel op  en stoom dit nog ‘n paar minute lank.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 158 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *