ROMERIGE AARTAPPELGEBAK

1 ui, in ringe gesny                                                        
2 knoffelhuisies, fyngedruk
2 stele seldery, in ringe gesny                                         
olie4 groot aartappels, geskil en in skywe gesny                   
4-6 skywe ham, in blokkies gesny25ml koekmeelblom                                                      
75ml melk125ml room Voorverhit die oond tot 180C. Spuit ‘n oondbak met kleefwerende middel. Soteer die ui, knoffel en seldery in ‘n bietjie olie tot sag. Rangskik die helfte van die aartappelskywe in die voorbereide bak en geur na smaak met sout en peper. Skep die uiemengsel oor en sprinkel die hamblokkies bo-oor. Pak die res van die aartappelskywe op en geur na smaak met sout en peper. Maak die koekmeelblom aan met ‘n bietjie melk tot ‘n gladde pasta. Meng dan met die orige melk  asook met die room. Giet oor die aartappels en bak 45-60 minute lank of tot die aartappels sag en gaar is.  

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 434 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *