Tamatie en kaas tert

‘n Resep van Okkie

1 rol (400g) skilferkorsdeeg
Bestanddele
1 ronde mozzarella kaas in skywe gesny
2 medium uie fyn gekap
½ Teelepel droe basiliekruid
4 tamaties in skywe gesny
Bietjie olyfolie
Sout en gemaalde swart peper na smaak
Oond op 200 grade Celcius

Metode
Spuit 22 cm deursnee ronde tertpan met spuitolie (spray & cook). Rol skilferkorsdeeg uit en voer tertpan daaarmee uit en prik bodem.
Verhit olie  en sorteer ui tot sag en skep in tertkors. Pak om die beurt tamatie en mozzarella skywe op uie en sprinkel sout, peper en basiliekruid bo-oor. Bak ongeveer 25 minute tot gaar.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *