TUNA GEBAK

Bestandele
Twee blikkies tuna in brine
‘n pakkie sampioenroom soppoeier
helfte van ‘n pakkie spaghetti
gerasperde cheddar kaas
500ml volroom melk
Kook die spaghetti tot gaar en spoel af.  Plaas oor in oondbak.
Maak die sampioenroom soppoeier met melk aan
Terwyl die sop begin kook voeg jy die tuna en ‘n handvol cheddarkaas by
Sodra die kaas in die sop gesmelt is voeg jy dit by die gaar spaghetti en roer dit deeglik deur.
strooi gerasperde kaas bo-oor en bak vir sowat 10 minute totdat die kaas bo-op gesmelt is.
Wenk:  om die kaas bo-op nog lekkerder te laat smaak kan jy die korsie van ‘n witbrood saam met die kaas rasper.  Dit maak ‘n heerlike bros kaas bo-laag.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 477 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *