Bobby se Hoender

Met vergunning www.funkymunky.co.za

 
Peter Thomas – Die volgende dis het ons Bobby se Hoender genoem. Dit was ‘n gunsteling van ons toe ons in Barclays bank se enkelkwartiere in Mahalapye, Botswana gebly het. Ek sien nou weer die resep op die Voetspore webwerf, dis basies dieselle as wat Bobby vir ons gemaak het. Die doel van ‘n eenskottelhoender is om alles met eens klaar te maak.
·          Braai ‘n bietjie uie, en natuurlik knoffel. Sit ander speserye na smaak by. Bietjie rissies of kerrie kan nie pla nie.
·          Bruin dan die hoender in die uie mengsel in ‘n klein bietjie olyfolie.
·          Sny aartappels in kleinerige stukkies, en voeg dit by. Sommer ook ‘n koppie rys of twee, en genoeg water vir die rys.

·          Sit nou die deksel op, en wag vir ‘n uur of so tot alles saam gaar is. Hierdie is nou koningskos, ek het dit vir die eerste keer by Aardklop in Potch geproe en my mond water nog steeds as ek net daaraan dink! – Peter

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 161 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *