GEBAKTE BROODROLLETJIES MET ROOMSOUS

Klaar bereide brooddeeg gerys en afgeknie

Sous:
125 g spekvleis gesnipper
1 blik tamatie en uiesmoor
250 ml vars room swartpeper
vars pietersielie
250 ml cheddarkaas gerasper

Voorverhit oond tot 100°
Smeer ‘n plat swartpot of ‘n kasserolbak met botter
Knyp stukke deeg af en vorm in bolletjies
Pak die deegbolle taamlik naby aan mekaar in die
bak en laat rys goed uit in die oond
Soteer   intussen   spek   tot   gaar,   voeg   tamatie-en- uiesmoor by en verhit tot kookpunt.
Laat prut tot effens afgekook ~ verwyder van hitte, roer room by en geur met sous, peper en pietersielie
Verwyder bak uit oond en verhoog die temperatuur
tot 180°
Giet sous oor die deeg en bak 40-50 minute
Sprinkel kaas oor en bak 10 minute tot goudbruin

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 314 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *