GEMMER, PIESANG EN PYNAPPEL PATATS

Baie dankie vir jou resep Okkie

6 patats (gekook met skil)                            
1 pakkie gemmerkoekies, fyn gerol
6 piesangs, gesny in skyfies                      
1 pynappel, gesny in blokkies
botter
kaneelsuiker (125 ml suiker gemeng met 5 ml fyn kaneel)

Skil patats en sny in skywe. Smeer ‘n vuurvaste oondbak met botter. Pak ‘n lagie fyn gemmerkoekies daarin Volg met ‘n lagie patat, ‘n lagie piesangskywe en ‘n lagie pynappel. Stip ruim met botterklontjies. Strooi dik met kaneelsuiker. Herhaal lae en eindig met kaneelsuiker.
Plaas in oond by 180º C vir 30 minute.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 920 times, 2 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *