JAKARANDA GESONDHEIDSBESKUIT

    Dankie vir jou resep Okkie

750 ml  semels                        
1kg bruismeel
500 ml suiker                          
500 ml melk
500 g margarine                      
250 ml rosyntjies
250 ml sonneblomsade           
10 ml sout
10 ml bakpoeier
Voorverhit oond tot 180º C.
Sif die meel, sout, bakpoeier en suiker en meng. Gooi die semels, rosyne,  en sonneblomsade by. Smelt margarien, verhit melk en gooi bymekaar en dan in die meelmengsel. Meng goed met ‘n houtlepel, gooi in ‘n  gesmeerde oondpan, druk vas met hande en bak vir 45 minute by 180ºC. Maak oonddeur na 45 minute oop en los beskuit in warm oond met oop deur totdat afgekoel.  Wanneer dit heeltemal afgekoel is, sny beskuit met mes en droog oornag in oond so teen 80º C.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 579 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *