Little-Italy Kaaskoek

 Ingestuur deur Okkie  gekry op www.mrfood.com

3/4 koppie cracker krummels
2 eetlepels botter gesmelt
1 (500 gram) houer ricotta kaas
1 koppie  lae vet ongegeurde jogurt
3/4 koppie suiker
2 eetlepels koekmeel
2 eetlepels suurlemoen of lemmetjiesap
1 (500g) pakkie lae-vet roomkaas
2 groot eiers
2,5 teelepels vanilla ekstrak

Metode:
Voorverhit oond tot   180 Celcius.
Verkrummel crackers en meng met gemelte botter. Voer die boom van  diep 20 cm tertbak uit en bak 3 tot 5 minute tot ligbruin en laat afkoel.
Klits ricotta jogurt meel suiker en suurlemoensap op medium spoed tot glad.
In aparte bak klits roomkaas, eiers en vanilla tot goed gemeng.
Klits twee mengsels saam op lae spoed tot goed gemeng.
Giet oor tertkors en bak 60 tot 65 minute of tot middel amper gestol is.
Laat 45 minute buite oond afkoel en sit in yskas van vier ure lank tot oornag voor jy bedien.
Versier met aarbeie, verdikte stroop en styfgeklopte room

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 84 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *