Mykonos Vis

Met vergunning www.funkymunky.co.za

1kg Kingklip, in blokkies gesny
1 Ui fyngekap
2 huisies knoffel fyngedruk
60ml olyfolie
4 tamaties, geskil en fyngekap
80ml droë wit wyn
15ml gekapte origanum of 2ml droë origanum
30ml gekapte vars pietersielie
sout en vars gemaalde swart peper
75g feta kaas, gekrummel
·          Braai ui en knoffel in olie in gas skottel of braaipan.
·          Voeg tamaties, wyn, origanum, pietersielie en sout en peper by.
·          Laat bietjie kook tot dikkerige sous.
·          Voeg vis by en laat kook net tot gaar.
·          Strooi gekrummelde feta kaas bo-oor.
·          Vis kan vervang word met garnale, kreef of krap.

Susan Varnfield
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 118 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *