‘n Niertjie-ontbyt met ‘n verskil

Met vergunning www.funkymunky.co.za

·         Vir vier mense neem jy 12 skaap- of lamsniertjies wat in die helfte deur gesny is.
·         As die wit nierpypies in die middel nog nie uitgehaal is nie, moet dit liefs doen- diere se binnegoed is vol allerhande opwindende geure, maar skaappiepie is beslis nie een daarvan nie.
·         Maak ‘n pan warm op die kole en gooi dan 1 groot eetlepel botter daarin.
·         As die botter gesmelt het, braai jy die niertjies vir 3-4 minute in die pan. Nie te lank nie, anders verloor die niertjies daardie heerlike sappigheid van hulle.
·         Gooi ‘n glas rooiwyn in die pan saam met die niertjies, roer dit deur en haal die niertjies uit.
·         Gooi 2 bakhande vol sampioene, in skyfies gesny, in die pan saam met die wyn. Kook vir 1 minuut. Vra intussen jou handlanger om die niertjies in skywe te sny.
·         Gooi die skywe terug in die pan en roer die hele souserige spulletjie vir omtrent ‘n minuut deur.
·         Maar wie wil die niertjies so bloots eet vroeg in die môre? Skep dit saam met jou lekkerrr sous oor vars roosterbrood of roosterkoek wat pas van die kole af gekom het. Strooi varsgekapte pietersielie bo-oor – weer ‘n bietjie groenigheid om daardie vlesetende gewete effens te sus.

Jakes Jacobs
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 327 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *