Ontbyt 7: Vetkoek en kerriemaalvleis

Met vergunning www.funkymunky.co.za

4 kg brooddeeg, of maak jou eie:
20 koppies meel
500g – 750g botter / margarien
20 eetlepels suiker
10 eiers
5 teelepels koeksoda
sout
suur- of varsmelk om mee te meng
Meng droƫ bestandele, behalwe koeksoda. Frommel botter daarin. Meng koeksoda met bietjie melk tot pasta. Klits eiers en voeg koeksoda mengsel daarby. Knie goed deur, rol uit en sny in vierkante of sirkels en bak in diep olie.
3kg maalvleis
3 gekapte uie
3 blikke 410g tamatie- en uiesmoor
3 blikke 410g gemengde groente
kruie, sout, peper
Kerrie na smaak

 

Braai ui, skep uit. Braai maalvleis tot gaar en voeg res van bestandele en gaar ui by. Bedien saam met vetkoek. Hou ook die stroop/konfyt en kaas byderhand vir die laaste vetkoek om die ete mee af te sluit.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 899 times, 3 visits today)
Advertisements

2 thoughts on “Ontbyt 7: Vetkoek en kerriemaalvleis”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *