Pampoenkerrie

Boerpampoen en/ of hubbard of lemoenpampoentjies of oorryp groot murgpampoen so 4 koppies vol geskil en in blokkies gesny, nie te klein nie (botterneut werk ook, veral in n pampoenmengelverskeidenheid)

uie en/ of knoffel, soveel jy wil, opgesny

lekker speserye soos Rice spice wat soeterig is, met n lepel of wat geel boksiekerrie en /of cajun spice of jou eie mengsel…oppas vir te sterk

olie, oorskiet gaar lensies of bone met tamatiesous; gaar ertappel, wortelstukkies, spinasiestingels, ens Vars gesnipperde kool ook, nie te veel nie.

Metode:
Braai eers die speserye en kerrie tot jy dit kan ruik, dan die uie daarby tot die mengsel bruinerig is
gooi nou die pampoen by en sit die pan se deksel op oor stadige hitte, miskien so n halfkoppie water na n tydjie! Hou dop en roer saggies om nou en dan.
sit die ander groente bietjiebietjie by en hou aan met sagte roer sodra die pampoen gaar is
tamatiepasta uit n blikke of koevertjie word laaste ingeroer. en miskie n bietjie meel as die pampoen te veel water getrek het.
Los op lae hitte terwyl jy n pot rys kook. met 3 koppies water vir elke koppie rys.

moenie van sout vergeet nie, of sojasous !
Roep die mense en skep op….

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 205 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *