SJOKOLADESKYWE MET ROOMSOUS:

Dankie vir jou resep Okkie

40 g (80 ml) mielieblom
1 ml sout
50 ml koue melk
450 ml kookmelk
250 g baksjokolade
3 eiergele
18 g (30 ml) gelatien
50 ml koue water
30 ml (enkel mout) whisky
4 eierwitte

Voer ‘n broodpan uit met kleefplastiek. Meng die mielieblom, sout en 50 ml melk tot ‘n pasta. Voeg die kookmelk by en roer tot dik. Breek die sjokolade in klein stukkies en voeg by die mielieblommengsel. Roer totdat dit gesmelt het. Klits die eiergele by en voeg ‘n bietjie van die kookmengsel daarby. Voeg die res van die kookmengsel by en meng goed. Roer vir 2 minute oor lae hitte. Week die gelatien in koue water en laat dit oor kookwater smelt. Voeg by die sjokolademengsel en laat dit afkoel. Voeg die whisky by en meng. Klits die eierwitte totdat dit sagte punte vorm en vou by die sjokolademengsel in. Gooi die mengsel uit in die broodpan en laat dit oornag in die yskas stol.

Roomsous
250 ml room
strooisuiker na smaak
Klits die room en voeg strooisuiker by.

Opdiening: Keer die sjokoladevorm uit en sny dit in dun skywe. Plaas ‘n sny op ‘n klein bordjie met room-sous om die sny.

Variasie
Drup ‘n bietjie aarbeisous op die roomsous en maak patroontjies met ‘n peuselstokkie daarin.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 176 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *