Tyd vir Vis & Chips !!!

Jy het nodig:

4 vis hake fillette – baie koud, maar nie gevries
1½ k koekmeel
knypie sout
vismasala
1 blikkie ysskoue bier
suurlemoensap
sout vir sprinkel na bak

Geur die vis eers goed met vars suurlemoensap en dan met vismasala.

Deeg:
Meng die meel, sout en masala goed. Voeg die yskoue bier by en klits tot glad.
Doop die vis in beslag en maak seker hy is mooi toe met deeg.

Vat aan stert se kant en laat sak egalig in die warm olie en braai tot goudbruin en bros aan albei kante. Sit op kombuispapier laat olie afdrip. Sprinkel met sout.

Bedien met chips en lekker dik snye brood 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 693 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *