1 Tessalonisens 3:7

Vrydag 18 Julie 2014 Tema: As ek in Nood verkeer 5
****My eie woorde
****Paulus verkeer in verdrukking en nood maar die nuus van
ander se geloof hef hom weer op en gee hom moed om aan te
gaan. Verdrukking en nood is juis daar omdat die Here ons wil
leer om geduldig op Hom te wag, maar ook om ons na Hom toe
te laat draai Weet julle ons is té haastig. Die Woord van God is
ons krag en sterkte wanneer ons voel ons wil uit ons nood
wegkom en op ‘n hopie gaan sit. Maak tyd om in Sy Woord
antwoorde te vind en maak tyd om met Hom in gebed te praat.
Onthou ons geloof is juis om niks te sien nie maar aan die HERE
vas te hou
1 Tessalonisens 3:7  daarom, broeders, is ons in al ons
verdrukking en nood vertroos oor julle, deur jul geloof.
Hos. 5:15  Dan gaan Ek heen, Ek keer na my woonplek terug,
totdat hulle skuld beken en my aangesig soek. In hulle nood sal
hulle My soek.
Klg.3:26  dit is goed om geduldig te wag op die hulp van die

Here; 

DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 84 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *