2 Konings 5:11

Maandag 21 Julie 2014 Tema: Ek het gedink….1
****My eie woorde
****Het jy al soos Naäman gedink hoe God te werk sal gaan en
dan werk Hy heeltemal anders as wat jy gedink het. Is jy bereid
om nieteenstaande jou eie denke en sienswyse …nogtans God
te vertrou en Hom gehoorsaam. Indien Naäman dit nie gedoen
het nie sou hy melaats bly. Hy moes ten volle gehoorsaam. As
hy by die 6de keer besluit het dit werk nie sou hy melaats bly
Wat van jou en my? Worstel ons nie maar dag na dag met
dieselfde situasie in ons lewens nie, juis omdat ons verwag dat
ons Here en Meester moet antwoord soos ons dink. Soos ons
verlede week gesien het Sy gedagtes is nie ons gedagtes nie en
Sy weë nie ons weë nie. As Hy sê dis hoe jy dit moet doen..
…doen dit. J
2 Konings 5:11  Maar Naäman het baie kwaad geword en
weggegaan en gesê: Kyk, ek het gedink: Hy sal sekerlik na my
uitkom en staan en die Naam van die HERE sy God aanroep en
sy hand oor die plek heen en weer beweeg en die melaatsheid
wegneem.
V12  Is Abána en Farpar, die riviere van Damaskus, nie beter as
al die waters van Israel nie? Kon ek my nie daarin was en rein
word nie? En hy het omgedraai en vererg weggery.
V13  Toe kom sy dienaars nader en spreek met hom en sê: My
vader, as die profeet u ‘n groot saak beveel het, sou u dit nie
doen nie? Hoeveel te meer nou dat hy u gesê het: Was jou, en
jy sal rein word?
V14  Daarop het hy afgeklim en sewe maal in die Jordaan
ondergeduik volgens die woord van die man van God, en sy
vlees het teruggekeer soos die vlees van ‘n jong seun, en hy het
rein geword.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas
dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))

VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
gebruik net die epos adres:
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 100 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *